Agriskoops - 28 Julie 2026

07/28/2026
00:00
04:07
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Sy verduidelik waarom die beskerming van die oorsprong van Rooibos toenemend belangrik word namate internasionale vraag aanhou groei. Du Toit bespreek die waarde van die beskerming van Rooibos as 'n unieke Suid-Afrikaanse produk, en waarom die behoud van die egtheid daarvan noodsaaklik is vir die toekoms van die bedryf en die voortgesette sukses van sy uitvoermarkte