Jou Toekoms Hoef Nie soos jou Verlede te Lyk Nie

08/28/2026
00:00
03:16

Send us Fan Mail

Jakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 

Wanneer jy bietjie stilstaan en dink, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by ’n besluit. ‘n Besluit wat ons geneem het, ‘n besluit wat ons probeer ontduik, of ’n grens wat ons net nie wil stel nie. Al is dit dalk ’n bitter pil om te sluk, moet ons erken dat dit die reine waarheid is.

Almal het geweet wat dat dit die Antarktiese ontdekkingsreisiger, Robert Scott se doel was om die eerste persoon te wees om die Suidpool te bereik. Maar ons weet almal ambisie alleen waarborg nie sukses nie. Scott het goeie raad geïgnoreer, beter maniere van vervoer van die hand gewys, sy sleë oorlaai en sy manne harder laat werk as wat slim was. 

Hulle het wel uiteindelik by die Suidpool aangekom, net om uit te vind dat ‘n geselskap uit Noorweë hulle reeds voorgespring het. En op pad terug het elkeen van hierdie manne in die ongenadige sneeu en koue gesterf. Verkeerde besluite; geen grense; hardkoppigheid en geen verantwoordelike beplanning nie, het gelei tot die uiteindelike prys wat hulle betaal het: hulle lewens.

Dit klink dalk baie dramaties, maar dit is ’n leersame les oor sommige van die verkeerde besluite wat ek en jy ook al langs die pad geneem het.

Jakobus 1:5 sê: As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

Die feit van die saak is: jou besluite máák saak, jou grense máák saak, en die keuses wat jy probeer ontduik – maak die heel meeste saak. Maar die goeie nuus is dat jy nie aan jouself oorgelaat is nie. God staan nie op ’n afstand en skud net sy kop nie. In plaas daarvan leun Hy juis nader en gee vir jou die nodige wysheid, krag en moed om anders te kies. 

So vandag vra ek jou: wat is die een besluit wat jy al die hele tyd uitstel, of die een grens wat jy te bang is om te stel? Neem dit vandag na God toe. Want met sý wysheid hoef jou toekoms glad nie soos jou verlede te lyk nie. 

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit net van God bid

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY