Net as Jy dit die Minste Verwag

05/21/2026
00:00
03:07

Send us Fan Mail

Handelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar. 

Die lewe bestaan hoofsaaklik uit alledaagse en herhalende dinge …. Maar niks is toevallig nie. Eendag, skielik, uit die bloute gebeur daar iets wonderliks waarvan jy self nie die betekenis verstaan nie, totdat jy jare later daarna terugkyk en dan word dit glashelder.

Klink die naam Albert McMakin bekend? Waarskynlik nie. Albert McMakin was ‘n nuwe gelowige en hy was aan die brand vir Jesus. Hy was baie ernstig dat sy vriende ook van Jesus moes leer, en toe daar ‘n bekeringsdiens daar naby was, het hy 'n vragmotor met mense gevul om van Jesus te hoor. Hy het Billy, een van sy vriende wat glad nie belanggestel het nie, met moeite omgekoop om saam te gaan, deur hom die eer te gee om die vragmotor te bestuur. Toe hulle daar aankom, was Albert se gas 'betowerd' en nadat hy nog ‘n paar dienste bygewoon het, het hy sy lewe aan Jesus Christus gegee. Daardie man, die bestuurder van die vragmotor, was Billy Graham. 

Dit was die jaar 1934. Sedertdien het Billy Graham duisende tot geloof in Jesus Christus gelei en die verloop van die geskiedenis vir altyd verander. 

Ons kan nie almal soos Billy Graham wees nie, maar ons kan almal soos Albert McMakin wees – ons kan almal ons vriende na Jesus bring. Daar word beraam dat meer as 3.2 miljoen mense deur Billy Graham se openbare dienste na Christus gekom het.

Handelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar.

Albert, Billy, Barnabas, Saulus. Gewone mense, elk met 'n voorafbepaalde rol, deur wie God magtige dinge gedoen het. Vir elkeen het hul dag begin soos enige ander dag. Maar toe ... verskyn God. Pasop, want net wanneer jy dit die minste verwag, sal die Heilige Gees verskyn.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY