Jou Vriende Beïnvloed Jou Denke

02/23/2026
00:00
03:01

Send a text

Handelinge 2:41-42 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. 

Wie is die mense met wie jy assosieer; jou vriendekring; diegene wat ‘n invloed het op hoe jy leef, hoe jy dink en wat jy glo? Wie is hulle en watter impak het hulle op jou lewe?

In die 5de eeu v.C. was daar ‘n aantreklike, begaafde, goeie en invloedryke man, Alcibiades, wat onder die bekende Sokrates gestudeer het. Hy het geweldige potensiaal gehad en in ‘n briljante staatsman en generaal ontwikkel. Ja, hy het alles in sy guns gehad om 'n suksesvolle lewe te lei. 

Maar hy het in die politieke kringe met ambisieuse, roekelose mense te doen gekry. Hy wou mag hê en die belangrike mense se goedkeuring wegdra. Dit het hom tot verraad gelei. Alhoewel hy eens bewonder is, het hy kompromieë met twyfelagtige bondgenote aangegaan en dit het uiteindelik tot sy ondergang gelei en hom sy reputasie gekos. Die verkeerde geselskap het die wysheid wat Sokrates hom probeer leer het, uitgewis.

En dis 'n scenario wat ons al so dikwels in die geskiedenis gesien het. Goeie mense word deur slegte geselskap vernietig. Maar die teenoorgestelde is ook waar. Ons lees van die vroeë kerk uit die 1ste eeu n.C. in:

Handelinge 2:41-42 Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg. Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.

Hierdie geesvervulde groep se radikale liefde het daagliks mense aangetrek. God het hul karakter deur hul gemeenskap gevorm, en hulle het die wêreld verander. Die waarheid is dat jou vriendekring jou gesindheid teenoor die lewe positief of negatief beïnvloed. Die mense met wie jy omgaan, is uiteindelik wie jy sal word. Kuier dus saam met die regte mense.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY