Een Dag …
Romeine 14:11-12 want daar staan geskrywe: So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.
Sommige dinge is baie duidelik sonde. Jy mag nie moord pleeg nie, dis tog voor die hand liggend, nè? Jy mag nie egbreuk pleeg nie – dis ook logies, maar deesdae ongelukkig nie ‘n baie populêre ding om te sê nie. Ander dinge is, wel, nie so voor die hand liggend nie. En daardie nie-so-voor-die-hand-liggende- dinge veroorsaak baie konflik.
Hier is ‘n moeilike vraag: Beteken genadedood 'n deernisvolle keuse om lyding te beëindig, of is dit 'n skending van die heiligheid van lewe? Is kunsmatige intelligensie 'n wonderlike ontdekking, of hou die ongereguleerde ontwikkeling daarvan ‘n bedreiging vir die mensdom se bestaan in?
Ek is seker jy het jou eie siening oor daardie, en oor baie ander sogenaamde grys areas, wat ons begrip van reg en verkeerd bepaal. Maar, wanneer boosheid onder die vaandel van sosiale vooruitgang gepleeg word, moet dit gekonfronteer word.
En soos opinies meer verdeeld word, en soos samelewings meer verskeurd raak, en soos die media meer venynig word, moet jy jouself afvra, watter rol speel ek in die negatiewe dinge wat om ons gesê word? Waarom gooi ek klippe na ander, eerder as om in die spieël na myself te kyk?
Romeine 14:11-12 “So seker as Ek lewe,” sê die Here, “voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.
Terwyl ons so besig is om ander te oordeel, moet ons onthou dat God alleen die regter is, en dat ons almal eendag voor Hom verantwoording sal moet doen.
Nederigheid en selfgeregtigheid is vyande. Voordat jy iemand se kop in 'n argument afbyt, onthou dat elkeen van ons aan God sal moet rekenskap gee.
Want dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

