Deur Mense Verwerp, Maar deur Christus Uitgekies

04/18/2026
00:00
03:04

Send us Fan Mail

Johannes 15:18-19 “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle. 

Ons het van kleins af, deur die positiewe en negatiewe terugvoer van ander, geleer wie ons is, wat ons veronderstel is om te glo en hoe ons moet optree. Daardie terugvoer kan ons soms natuurlik ook skade berokken...

Perpetua was 'n jong edelvrou wat haar lewe vir Jesus gegee het. Sy het in die 2de eeu n.C. in Kartago, Noord-Afrika, gewoon. Tydens die keiser se vervolging van Christene is sy saam met ander gelowiges in hegtenis geneem. Sy het 'n pasgebore baba gehad en haar pa het haar gesmeek om Christus te verloën, maar sy het geweier en standvastig gebly.

In haar dagboek, wat sy in die tronk gehou het, het sy geskryf van visioene van God en van haar diep vrede, ten spyte van die feit dat sy geweet het dat sy haar dood tegemoet gaan. Op die dag van haar teregstelling het sy, voordat sy deur wilde diere en ‘n swaard doodgemaak is, medegelowiges in die arena aangemoedig. Haar onwrikbare geloof het 'n kragtige getuienis vir die vroeë kerk geword.

Dit is ‘n baie ekstreme voorbeeld, maar die waarheid is dat nie almal jou positiewe terugvoer oor jou goedheid, jou uniekheid en veral jou geloof sal gee nie. Jesus het vir sy volgelinge gesê:

Johannes 15:18-19 “As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”

Ja, ons weet dat die terugvoer van ‘n ander 'n groot rol in ons vorming speel. Maar onthou: die mense óm jou is nie perfek nie. Hulle maak ook foute. Daarby het hulle ook nie altyd die suiwerste motiewe nie. Wees dus versigtig, baie versigtig, om voortdurend bevestiging te soek van 'n wêreld wat 'n perfekte Man gekruisig het.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY