Die Koning en die Bedelaar

04/15/2026
00:00
03:08

Send us Fan Mail

Handelinge 15:10-11 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” 

Almal wat ooit op planeet Aarde geleef het (behalwe Een), het jammerlik gefaal. Ons het almal foute gemaak. Ons het almal te kort geskiet. Nie een van ons het ooit ál die reëls nagekom nie; en nou praat ons van baie dinge soos eenvoudige vriendelikheid en algemene ordentlikheid; om nie van padreëls te praat nie. Dis nie eers nodig om lank daaroor na te dink om jou lysie op te stel nie, nè?

Ek is ontsettend gedrewe; ek is pligsgetrou en hardwerkend. Jy kan seker vir jouself uitwerk dat ek baie werkgerig is en dat ek in die proses baie foute gemaak het en baie mense seergemaak het. As ek ‘n lys van almal op wie se tone ek getrap het, sou neerskryf, sou dit die dikste boek in die wêreld wees!

Dit maak nie saak hoe slim, ywerig of hardwerkend ons is, of in watter kultuur ons grootgeword het nie, ons het almal 'n berg van foute gemaak. Is die oplossing dan: om harder te probeer, om beter te doen en om die reëls na te kom?

Ons sien in Handelinge hoe die apostel Petrus in Jerusalem vrede onder die apostels en ouderlinge gebring het deur te verduidelik dat die nie-Jode nie die wette van Moses moet volg om gered te word nie.

Handelinge 5:10-11 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.”

Met ander woorde, hy sê, dat as hulle, wat Jode is, nie eers die wet van Moses kon gehoorsaam nie, hoe kan hulle dan van die nuwe bekeerlinge verwag om dit te gehoorsaam? Die antwoord - die enigste antwoord - is God se genade en vergifnis deur Jesus se offer.

Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Sonde is die groot gelykmaker. Dit plaas die koning en die bedelaar op dieselfde vlak voor God. Almal het gesondig. Almal het genade nodig.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY