Neem ‘n Kans of Verloor Die Geleentheid

02/25/2026
00:00
02:46

Send a text

Ester 4:13-16 “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.” 


Daar is tye in die lewe wanneer jy moet vasstaan en dapper wees om te doen wat reg is; om te doen wat jy weet jy moet doen. As jy 'n gebore entrepreneur is, kan risiko-neem maklik wees. Maar vir die meeste mense is dit beslis nie so maklik nie.

In die 5de eeu v.C. het Ester, ‘n Joodse meisie, die koningin van Persië geword toe sy getroud is met koning Xerxes. Die koning is deur ‘n jaloerse man, Haman, bedrieg om ‘n bevel uit te vaardig dat al die Jode doodgemaak moet word. Ester wou na haar man, die koning, gaan om by hom te pleit om haar volk te red.

Daar was slegs een probleem. Die Persiese wet het enigiemand, selfs die koningin, verbied om ongenooid na die koning te gaan. As die koning nie sy goue septer uitgesteek het na die persoon wat na hom toe wil kom nie, is die skuldige doodgemaak. Haar oom, Mordegai, het vir haar hierdie boodskap van buite die paleis gestuur:

Ester 4:13-14 “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”

Dit was die uitdaging aan Ester. Hoe sou sy reageer?

Ester 4:15-16 Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”

Soms vereis geloof dat ons alles op die spel plaas. Maar wees gerus: God bepaal die uitkoms. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY