Jy Misluk as jy Opgee

02/24/2026
00:00
02:52

Send a text

Spreuke 24:16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig. 

Ons hou nie daarvan om oor ons mislukkings te praat nie. Ons het almal al misluk, en as jy daaraan terugdink, maak dit nogal seer, nè? Maar hoe dikwels het jy al misluk omdat jy nie opgestaan het nadat jy oor ‘n hobbel in die pad gestruikel het nie? Dink ‘n bietjie daaroor na.

In die middel van die 18de eeu was Vitus Bering, 'n Deense ontdekkingsreisiger, aangestel om kaarte te teken van die gedeelte tussen Siberië en Noord-Amerika. Nadat hy Alaska suksesvol bereik het, het sy bemanning siek geword en die voorrade het begin opraak. Bering kón die omstandighede oorleef en suksesvol teruggekeer het, maar hy het moed verloor. Hy het tou opgegooi en sy bemanning toegelaat om doelloos uiteen te dryf.

Die hele ekspedisie het op die rotse geloop. Bering is dood, en alles was verlore. As hy net 'n bietjie langer vasgebyt het en sy bemanning beheer het en bymekaargehou het, sou hy waarskynlik veilig na sy huis teruggekeer het en sy nalatenskap as een van die geskiedenis se groot ontdekkingsreisigers verseker het.

Wanneer ons teëspoed beleef en wanneer ons jammerlik misluk; het ons 'n keuse: om op te staan of om moed te verloor en om op te gee.

Spreuke 24:16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

God beskou dit nie as ‘n mislukking wanneer ‘n mens val nie. Wat hy wel as ‘n mislukking beskou, is wanneer jy weier om weer op te staan. 

Wat wil jy graag bereik? Watter struikelblok het oor jou pad gekom: watter teëspoed het jou getref? Hoe sterk is die versoeking om moed op te gee? Dit is beslis moeilike vrae, maar vrae wat jy jouself moet afvra … want jou deursettingsvermoë gaan jou uiteindelik suksesvol maak.

Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY