Mik Na Die Hemel

04/10/2026
00:00
02:58

Send us Fan Mail

Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. 

My vriend, beleef jy steeds die krag, die vreugde, die ontsag en die wonder van wat met Jesus se Dood en Opstanding gebeur het? Of het dit, toe jy teruggeval het in jou daaglikse roetine, amper verdwyn?

Daardie onvermydelike sleurwerkies steel ons vasberadenheid om by die dinge wat werklik saak maak, uit te kom. Die dringende vervang die belangrike.

In die middel van die 19de eeu het Heinrich Schliemann as ‘n arm vakleerling in ‘n kruidenierswinkel in Duitsland gewerk. Hy het sedert hy 7 jaar oud was daarvan gedroom om antieke Troje te verken. Hy het later 'n welgestelde sakeman geword en baie hard gewerk om geld te maak. Dekades het verbygegaan. Alhoewel hy ryk was, het hy onvervuld gevoel. Hy was vasgevang in ‘n stelsel waar hy geglo het geld sal geluk bring.

Later jare, het hy uiteindelik sy besigheid laat vaar om sy droom te verwesentlik. Met sy opgrawings het hy die terrein van Troje ontdek. Schliemann het erken dat sy liefde vir geld hom amper sy ware roeping gekos het. Dit wys jou net hoe die geldgod hom vir jare gevange gehou het.

Dit is net so maklik vir ons om vas te val in aardse denke, waar jou hele lewe om geld draai, sodat jy die hemelse rykdom van God se goedheid en genade uit die oog verloor.

Efesiërs 2:6-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee, sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het..

C.S. Lewis het dit so gestel: Mik na die hemel en jy sal die aarde daarby kry; mik na die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY