Wanneer Koninkryke Val

05/28/2026
00:00
02:56

Send us Fan Mail

1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. 

Dit is baie maklik om so betrokke te raak in die kultuur waarin ons leef, en die sosiale en ekonomiese gebeure van die dag; dat ons uiteindelik glo dat dinge nog altyd so was, en boonop altyd so sal wees. Tog het hele beskawings, deur die geskiedenis gekom en gegaan. Die mees gevorderde, die magtigste koninkryke ... het verdwyn en net ruïnes agtergelaat.

In sy groot werk: History of the Decline and Fall of the Roman Empire het Edward Gibbon beweer dat die agteruitgang van Rome die natuurlike en onvermydelike gevolg van trots en ‘n illusie van grootsheid was. Te veel voorspoed het hulle aandag op die verkeerde dinge laat vestig en die belangrike instandhoudingswerk is so afgeskeep dat dit tot verval gelei het. En net daar het hierdie ontsaglike groot ryk so agteruitgegaan dat dit ineengestort het.

Dekadensie lei tot agteruitgang, agteruitgang tot verval, en verval lei uiteindelik tot vernietiging. Kyk om jou na die wêreld vandag. Wat sien jy? En in watter mate het jy jouself oortuig dat dit altyd so sal wees? 

1 Johannes 2:15-17 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.

God is ewig. Die wêreld is nie. Alles wat vandag so aanloklik en verleidelik lyk; al die begeerlike dinge, gaan verby - maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig...

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY