Totsiens Ego. Hallo Jesus.

04/11/2026
00:00
03:11

Send us Fan Mail

Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. 

Het jy al gesien hoe jou ego, of te wel jou eie ek, jou al verblind het? Miskien klink dit 'n bietjie melodramaties, maar dis presies wat 'n oordrewe ego sal doen.

In 2003, op slegs 19-jarige ouderdom, het Elizabeth Holmes die gesondheidstegnologie maatskappy, Theranos, in die hart van Silicon Valley gestig. Die maatskappy het beweer dat hulle bloedtoetse gaan revolusioneer. Holmes was absoluut gedrewe en het haarself as die volgende Steve Jobs beskou. Maar die maatskappy het nie die resultate opgelewer wat sy voorgehou het nie. Soos die krake in die navorsing gevorm het, het Elizabeth se trots haar gedryf om beleggers, pasiënte en die publiek te mislei, in plaas daarvan om die mislukking te erken. 

Die maatskappy waarvan die waardasie aanvanklik 9 miljard dollar was, het bankrot gespeel toe die bedrog blootgelê is. Wat as ambisie begin het, het in arrogansie ontaard. As Holmes vroeg genoeg haar foute nederig bely het, sou die skade dalk beperk kon gewees het – maar haar ego het haar gekeer. 

Paulus skryf in:

Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Totsiens ego, hallo Jesus. Maar my vriend, dit is nie maklik om jou lewe af te lê en om Jesus as jou Here te aanvaar nie, want dit vra dat jy jou ou mens saam met Christus moet kruisig. Laat ons eerlik wees: dit is ‘n groot prys om te betaal.

Maar wat volgende kom, is 'n vryheid van die self, van die ego, van ‘n doodse bestaan en die ewige dood, want nou kan ons ons lewens leef deur geloof in die Seun van God, wat ons so liefgehad het dat Hy Homself vir ons geoffer het.

Ek is saam met Christus gekruisig; dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY