Wanneer Stilbly Slim Is

02/09/2026
00:00
03:16

Send a text

Prediker 3:7b 'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat, 

Ons leef vandag in ‘n era waar die sosiale media, koning kraai. Ons word iedere dag met buitensporige opinies en miljoene leuens gekonfronteer. Ons word selfs aangemoedig om deel te neem aan elke argument wat op die sosiale media na ons kant kom. En tog is dit baie slimmer om nie in sulke gevaarlike lokvalle te trap nie.

In 1962, toe die Amerikaners Russiese-kernmissiele in Kuba ontdek het, het die spanning tussen Amerika en Rusland opgebou. President Kennedy se militêre adviseurs het 'n onmiddellike aanval aanbeveel. Die Russiese-premier Nikita Khrushchev het vir hulle twee briewe gestuur. Die eerste een was versoenend en heeltemal aanvaarbaar: hy het aangebied om die missiele te verwyder as Amerika belowe om Kuba nie binne te val nie. Die tweede brief was meer aggressief. Hy het die verwydering van Amerikaanse missiele uit Turkye geëis.

Kennedy het met wysheid gekies om nie ‘n ophef van die tweede brief te maak nie. In plaas daarvan om ‘n groot storie daarvan te maak, het hy stilweg die bepalings van die eerste aanvaar. Hy het die tweede brief in die openbaar geïgnoreer en slegs op die eerste, meer gematigde voorstel geantwoord. Hy het later privaat ingestem om sonder openbare ophef die missiele uit Turkye te onttrek. Dit was inderdaad ‘n plofbare situasie wat moontlik tot ‘n kernoorlog kon lei, indien Kennedy die gevaarlike situasie aangevuur het, eerder as om stil te bly.

Prediker 3:7b ...'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,

Let op die volgorde van dié wyse woorde: om te swyg staan voor om te praat. Dis mos slim. Om selfbeheersd op te tree is dikwels moeilik, maar beslis wyser as om impulsief te reageer. Om eerder stil te bly en die saak te oorweeg is 'n teken van wysheid, nederigheid en selfbeheersing.

Dink net daaraan; Jesus het tydens sy verhoor voor Pontius Pilatus stilgebly. Hy het geweet dat God se doel besig was om te geskied; en dat dit nie op daardie oomblik oor Hom gegaan het nie, maar oor die vervulling van God se plan. Jesus het geweet dat Hy aan 'n kruis moet sterf om vir jou en vir my ons vergifnis te verseker.

Om stil te bly is nie ‘n swakheid nie – dis ‘n teken van wysheid. Bly stil wanneer jy twyfel en kyk eers hoe dinge ontwikkel.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY