Deur Christus se Oë

08/29/2026
00:00
03:14

Send us Fan Mail

Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. 

Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raak te sien?

Onderwysers het destyds gedink die jong fisikus, Albert Einstein, is hopeloos te stadig en onbevoeg. Sommige van hulle het selfs gesê dat hy nooit enigiets in sy lewe sal bereik nie. Maar daar was een persoon wat gelukkig groot potensiaal in hom raakgesien het. Hierdie persoon het sy nuuskierigheid aangemoedig en vir hom die nodige ruimte gegee om dinge self te ondersoek. En dit was juis daardie aanmoediging wat uiteindelik die genie, wat die wêreld later sou leer ken, ontsluit het.

As jy die beste in mense na vore wil bring, moet jy bereid wees om na die beste in hulle te soek. 

Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.

Jesus het hierdie waarheid nie net verkondig nie, Hy het dit self uitgeleef. Hy het na ’n korrupte tollenaar gekyk en dadelik ’n dissipel gesien. Hy het na ’n sondige vrou gekyk en diep geloof raakgesien. Hy het na ’n rowwe visserman gekyk en die rots van sy kerk gesien. Hy het nooit mense se foute geïgnoreer nie, maar Hy het ongetwyfeld altyd God se moontlikhede in hulle gesien.

So kom ek vra jou vandag – wie is jy tans besig om met jou kritiek af te breek; miskien is dit selfs net stilweg in jou hart? Wat sal gebeur as jy eerder kies om hierdie mense deur die oë van Jesus te sien, en te glo in dit wat Hý in hulle kan doen? 

Want wanneer jy jouself verneder om die beste in ander raak te sien, sal jy skielik die vermoë hê om hulle te help om hulle potensiaal te bereik en die beste na vore te bring. Dit is immers hoe Christus dit gedoen het. 

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY